Job 9:14
TSK
Hoeveel minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Hoeveel minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;
Maar, ag, as Gód maar wou spreek en sy lippe open teen jou!
Klaag dan maar aan, en ék sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.
Dan sou ek die regsaak voor sy aangesig uiteensit en my mond met bewyse vul;
Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
Regverdig is U, o HERE, as ek met U sou twis. Tog wil ek oor regsake met U spreek: Waarom is die weg van die goddelose voorspoedig? Waarom lewe hulle rustig, almal wat ontrou bedrywe?