Job 22:19
TSK
Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê:
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê:
'n Psalm van Dawid. Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;
Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!
U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie--waarom aanskou U die trouelose, swyg U wanneer die goddelose dié verslind wat regverdiger is as hy?
o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!