En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en 'n swaar wolk op die berg en die geluid van 'n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het.
TSK
TSK · Job 38:1
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Met hierdie woorde het die HERE julle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met 'n groot stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee.
En toe die HERE Elía in 'n storm na die hemel sou opneem, het Elía met Elísa uit Gilgal uitgegaan.
Maar, ag, as Gód maar wou spreek en sy lippe open teen jou!
Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue.
En die HERE het Job uit 'n storm geantwoord en gesê:
Toe het ek gekyk--en daar het 'n stormwind uit die noorde gekom, 'n groot wolk met onophoudelike vuur; en 'n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter.