Job 15:7
TSK
Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring?
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring?
My God, sê ek, neem my nie weg in die helfte van my dae nie- u jare is van geslag tot geslag!
Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.
Die HERE het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af.
Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun--as jy dit weet?
en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.