Exodus 19:5
TSK
As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
Aan U, HERE, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, HERE, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.
As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat kan Hy uit u hand aanneem?
'n Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;
Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.
Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.