Job 10:2
TSK
Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.
Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u die regte woorde uitgevind het.
Maar hoor tog, o Job, na my rede, en luister na al my woorde.
wat ek nie insien nie, leer U my dit; ás ek onreg gedoen het, ek sal dit nie meer doen nie--
Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.
Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.
So dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.