God is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?
TSK
TSK · Job 9:32
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Hoeveel minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;
Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék reg sal hê.
Kyk, vrees vir my hoef u nie te beangstig nie, en my las sal op u nie swaar wees nie.
Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is.
Wat hy ook is, lankal is sy naam genoem, en dit is bekend dat hy mens is: hy kan nie in die gereg gaan met Hom wat sterker is as hy nie.
Kyk, soos 'n leeu uit die pronkbosse van die Jordaan sal daar een optrek teen die vaste woning; want in 'n oomblik sal Ek hulle daaruit wegjaag; en hom wat uitgekies is, sal Ek daaroor aanstel. Want wie is soos Ek? En wie sal My dagvaar? En wie is tog 'n herder wat voor my aangesig kan standhou?
want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles.