Ek sal aan hulle in my huis en binnekant my mure 'n gedenkteken en 'n naam gee wat beter is as seuns en dogters; 'n ewige naam gee Ek aan hulle, wat nie uitgeroei sal word nie.
TSK
TSK · John 1:12
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie--sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.
En op sy Naam sal die heidene hoop.
Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.
Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam.
Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;
Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom,
Kyk wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.
Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.