TSK

TSK · John 10:37

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Toe het Hy die stede waarin die meeste van sy kragtige dade plaasgevind het, begin verwyt, omdat hulle hul nie bekeer het nie:

Jesus antwoord hulle: Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, dié getuig van My.

En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie;

As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat.