TSK

TSK · John 11:43

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En hy het ingegaan en die deur agter hulle twee toegesluit en tot die HERE gebid.

Luke 7:14 TSK

En Hy het nader gegaan en die baar aangeraak. Daarop staan die draers stil. En Hy sê: Jongman, Ek sê vir jou, staan op!

Acts 3:12 TSK

En toe Petrus dit sien, sê hy vir die volk: Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of godsvrug bewerk het dat hy loop?

Acts 9:40 TSK

En Petrus het almal buitentoe gestuur en neergekniel en gebid. En hy het hom na die liggaam gedraai en gesê: Tabíta, staan op! En sy het haar oë oopgemaak; en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.