Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom.
TSK
TSK · John 11:44
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Toe sê Hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word? En ek antwoord: Here HERE, U weet dit.
En Hy het hulle met nadruk beveel dat niemand dit moes weet nie, en gesê dat daar vir haar iets te ete gegee moes word.
Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil.
Ek en die Vader is een.
Jesus sê: Neem die steen weg. Martha, die suster van die oorledene, sê vir Hom: Here, hy ruik al, want hy is al vier dae dood.
En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lê; maar hy het nie ingegaan nie.
En 'n sekere jongman met die naam van Eútichus het in die venster gesit en weggesink in 'n diepe slaap; en toe Paulus nog lank gespreek het, is hy oorweldig deur die slaap en het van die derde verdieping afgeval en is dood opgetel.
en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.