En Abía het Jeróbeam agternagejaag en stede van hom afgeneem: Bet-el met sy onderhorige plekke, en Jesána met sy onderhorige plekke, en Efron met sy onderhorige plekke.
TSK
TSK · John 11:54
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
John 7:1
TSK
En daarna het Jesus in Galiléa rondgegaan, want Hy wou nie in Judéa rondgaan nie, omdat die Jode probeer het om Hom dood te maak.
John 7:10
TSK
Maar nadat sy broers opgegaan het, toe het Hy ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar in die geheim.
John 10:40
TSK
En Hy het weer oor die Jordaan gegaan na die plek waar Johannes eers gedoop het; en Hy het daar gebly.