Isaiah 53:1
TSK
Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar?
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar?
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.
Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is.
Ek het baie dinge om van julle te sê en te oordeel; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig; en Ek, wat Ek van Hom gehoor het, dit spreek Ek tot die wêreld.
Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo?