Matthew 12:13
TSK
Toe sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en dit is herstel, gesond soos die ander een.
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Toe sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en dit is herstel, gesond soos die ander een.
En hulle is met uitsinnigheid vervul en het met mekaar gepraat wat hulle aan Jesus sou doen.
Het Moses julle nie die wet gegee nie? En niemand van julle hou die wet nie. Waarom wil julle My om die lewe bring?
Toe het hulle weer probeer om Hom gevange te neem, en Hy het uit hulle hand ontkom.
en hy val op die grond en hoor 'n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?