TSK

TSK · John 7:15

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk
Amos 7:14 TSK

Toe het Amos geantwoord en aan Amásia gesê: Ek was geen profeet en ook geen profete-seun nie; maar ek was 'n veewagter en kweker van wildevyebome.

En Hy het in sy vaderstad gekom en hulle geleer in hul sinagoge, sodat hulle verslae was en gesê het: Waar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan?

En toe die skare dit hoor, was hulle verslae oor sy leer.

Luke 2:47 TSK

En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.

John 1:19 TSK

En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?

Acts 2:7 TSK

en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie?

Maar terwyl hy hom so verdedig, sê Festus met 'n groot stem: Jy is kranksinnig, Paulus; die groot geleerdheid bring jou tot kranksinnigheid.