En laat Moses alleen nader kom na die HERE toe, maar hulle moet nie nader kom nie; en die volk mag nie saam met hom opklim nie.
TSK
TSK · John 7:19
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Moses het ons die wet beveel, 'n besitting vir die vergadering van Jakob.
Daarop het die Fariseërs uitgegaan en saam raad gehou teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.
en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses.
Toe gaan die Fariseërs uit en hou dadelik raad met die Herodiane teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.
En hieroor het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdat Hy dit op die sabbat gedoen het.
Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig--Moses op wie julle gehoop het.
Daarop sê sommige van die inwoners van Jerusalem: Is dit nie Hy wat hulle soek om dood te maak nie?
Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig.
Van dié dag af het hulle toe saam beraadslaag om Hom om die lewe te bring.
Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word;
soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.
Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle in julle vlees kan roem.