Die volke het dit gehoor, hulle het gesidder; weë het die inwoners van Filistéa aangegryp.
TSK
TSK · Joshua 10:2
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Niemand sal teen julle standhou nie; die HERE julle God sal die skrik en vrees vir julle oor die hele land laat kom waarop julle sal loop, soos Hy julle beloof het.
en aan die manne gesê: Ek weet dat die HERE die land aan julle gegee het en dat die skrik vir julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land vir julle bewe;
Maar toe die inwoners van Gíbeon hoor wat Josua met Jérigo en met Ai gedoen het,
En Dawid het vir Agis gesê: As ek dan guns in u oë gevind het, laat hulle my tog 'n plek gee in een van die plattelandse stede, dat ek daar kan woon; waarom tog sou u dienaar in die koninklike stad by u woon?
God het Hom in sy paleise bekend gemaak as 'n rotsvesting.
Waar die goddelose bang voor is--dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.
Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.