TSK

TSK · Judges 1:19

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Maar die HERE was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis.

Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.

En die kinders van Israel sal nie kan standhou voor hulle vyande nie; hulle sal hul vyande die rug gee, omdat hulle self 'n ban geword het. Ek sal nie meer met julle wees tensy julle die ban onder julle uit verdelg nie.

Gee my dan nou hierdie bergland waarvan die HERE daardie dag gespreek het; want u self het dié dag gehoor dat dáár Enakiete is en groot versterkte stede; miskien sal die HERE met my wees, sodat ek hulle kan verdrywe, soos die HERE gespreek het.

En die HERE het gesê: Juda moet optrek. Kyk, Ek gee die land in sy hand.

En die kinders van Israel het die HERE aangeroep; want hy het nege honderd ysterwaens gehad en die kinders van Israel twintig jaar lank swaar verdruk.

En Dawid het uitgetrek. Oral waar Saul hom gestuur het, was hy voorspoedig, sodat Saul hom oor die krygsmanne aangestel het; en dit was goed in die oë van die hele volk en ook in die oë van die dienaars van Saul.

En Dawid was voorspoedig in al sy weë, want die HERE was met hom.

En die HERE was met hom; waar hy ook heen uittrek, was hy voorspoedig; en hy het in opstand gekom teen die koning van Assirië en hom nie gedien nie.

Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,

Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.

Daarom sal die HERE self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem.

Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.

Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.

Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?