TSK

TSK · Judges 4:16

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

het die HERE hulle in verwarring gebring voor Israel, en hy het 'n groot slag onder hulle geslaan by Gíbeon en hulle agtervolg op pad na die hoogte van Bet-Horon en hulle verslaan tot by Aséka en tot by Makkéda.

En die HERE het hulle in die hand van Israel gegee, sodat dié hulle verslaan en hulle agtervolg het tot by Groot-Sidon en tot by Mísrefot-Maim en tot by die laagte van Mispe teen die ooste; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle was wat vrygeraak het nie.

Maak met hulle soos met Mídian, soos met Sísera, soos met Jabin by die spruit Kison:

wat waens en perde, leërmag en held laat uittrek het; tesame lê hulle, hulle sal nie opstaan nie; hulle is uitgeblus, soos 'n lamppit uitgedoof.

Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.