En die herders van Gerar het getwis met die herders van Isak en gesê: Dit is óns water. Daarom het hy die put Esek genoem, omdat hulle met hom onenigheid gehad het.
TSK
TSK · Judges 5:11
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
dan moet julle hulle twee na die poort van dié stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; die dogter, omdat sy in die stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hy die vrou van sy naaste onteer het. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
Kies hulle nuwe gode, dan is daar oorlog in die poorte; was daar skild of spies te sien onder veertig duisend in Israel?
Gaan staan dan nou, dat ek met julle gerig kan hou voor die aangesig van die HERE oor al die regverdige dade van die HERE wat Hy aan julle en julle vaders gedoen het.
My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie.
En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.
Staan in die poort van die huis van die HERE, en roep hierdie woord daar uit en sê: Hoor die woord van die HERE, o hele Juda, wat deur hierdie poorte ingaan om die HERE te aanbid!
Met lewensgevaar bring ons ons brood in vanweë die swaard van die woestyn.