TSK

TSK · Judges 6:12

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

As jy na die oorlog uittrek teen jou vyand en perde en strydwaens sien, 'n volk meer in getal as jy, dan moet jy vir hulle nie vrees nie; want die HERE jou God wat jou uit Egipteland laat optrek het, is met jou.

Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

En Jefta, die Gileadiet, was 'n dapper held, maar hy was die seun van 'n hoer; en Gílead was die vader van Jefta.

Ruth 2:4 TSK

En Boas het juis van Betlehem af gekom en aan die snyers gesê: Mag die HERE met julle wees! En hulle het hom geantwoord: Mag die HERE u seën!

En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen

Luke 1:28 TSK

En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.