TSK

TSK · Leviticus 19:34

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef.

Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.

Kinders wat vir hulle in die derde geslag gebore word, mag in die vergadering van die HERE kom.

En julle moet dit as erfenis laat toeval aan julle en aan die vreemdelinge wat onder julle vertoef, wat kinders onder julle verwek het; en hulle sal vir julle wees soos 'n kind van die land onder die kinders van Israel; saam met julle moet hulle 'n erfdeel ontvang onder die stamme van Israel.