My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die HERE julle God.
TSK
TSK · Leviticus 20:8
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Daarom moet julle al my insettinge en al my verordeninge onderhou en dit doen. Ek is die HERE.
Daarom moet jy hom heilig hou, omdat hy die spys van jou God offer. Hy moet vir jou heilig wees, want heilig is Ek, die HERE wat julle heilig.
Daarby het Ek ook my sabbatte aan hulle gegee om 'n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, die HERE, is wat hulle heilig.
Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.
Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.
Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.
Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid,
Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.