TSK

TSK · Leviticus 26:3

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die HERE julle God.

En omdat julle na hierdie verordeninge sal luister en dit hou en volbring, sal die HERE jou God vir jou die verbond en die goedertierenheid hou wat Hy jou vaders besweer het;

dan sal Ek die reën van julle land gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel.

En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat die HERE julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.

Toe trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met 'n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;

Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie.

As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.

Ag, as jy maar na my gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos 'n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see;

aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe;