TSK

TSK · Leviticus 3:14

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan die HERE bring: die hele vetstert naby die stuitjie moet hy dit wegneem en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

en hulle het die stukke vet op die borsstukke gesit, en hy het die stukke vet op die altaar aan die brand gesteek.

My seun, gee my jou hart, en laat jou oë 'n welgevalle hê in my weë.

En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.