Proverbs 30:12
TSK
'n geslag wat rein is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie,
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
'n geslag wat rein is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie,
Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit 'n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie.
En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is 'n gruwel voor God.
En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.