TSK

TSK · Luke 18:16

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En Abraham het sy seun Isak besny toe hy agt dae oud was, soos God hom beveel het.

julle kinders, julle vroue en jou vreemdeling wat binne-in jou laer is, jou houtkapper sowel as jou waterputter,

En die hele Juda het voor die HERE gestaan, ook hulle kinders, hulle vroue en hulle seuns.

en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.

en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei,