Psalms 98:2
TSK
Die HERE het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Die HERE het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.
Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot 'n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.
En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
omdat my oë u heil gesien het,
Maar ek sê: Het hulle miskien nie gehoor nie? Ja, seker! Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde.