TSK

TSK · Luke 8:22

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En toe Jesus groot menigtes rondom Hom sien, het Hy bevel gegee om te vertrek na die oorkant.

En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.

Mark 5:21 TSK

En toe Jesus weer in die skuit oorgevaar het na die ander kant, het 'n groot menigte by Hom vergader. En Hy was by die see.

Mark 8:13 TSK

En Hy het hulle verlaat en weer in die skuit geklim en na die oorkant gegaan.

Luke 8:23 TSK

En terwyl hulle seil, raak Hy aan die slaap. Toe kom daar 'n stormwind op die see af en die skuit het begin vol word, en hulle was in gevaar.