TSK

TSK · Luke 9:43

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.

En terwyl hulle in Galiléa rondgaan, het Jesus vir hulle gesê: Die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense;

Mark 9:30 TSK

En hulle het daarvandaan weggegaan en verbygetrek deur Galiléa; en Hy wou nie hê dat iemand dit moes weet nie.

Luke 5:9 TSK

Want verbaasdheid het hom aangegryp en almal wat by hom was, oor die vangs van visse wat hulle gemaak het;

Luke 8:25 TSK

En Hy sê vir hulle: Waar is julle geloof? Maar hulle was bang en verwonderd en het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat Hy selfs die winde en die water gebied en hulle Hom gehoorsaam is!

Acts 3:10 TSK

En hulle het hom herken, dat dit hy was wat by die Skone Poort van die tempel gesit het om te bedel, en hulle is vervul met verwondering en verbasing oor wat met hom gebeur het.