Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!
TSK
TSK · Luke 9:45
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En hierdie woord het Hy ronduit gespreek. En Petrus het Hom opsy geneem en Hom begin bestraf.
En hulle het die gesegde nie verstaan nie en was bang om Hom uit te vra.
En daar het 'n redenering onder hulle ontstaan oor wie van hulle dan tog die grootste was.
Die dissipels sê toe vir mekaar: Het iemand dan vir Hom ete gebring?
Die skare antwoord Hom: Ons het uit die wet gehoor dat die Christus tot in ewigheid bly; en hoe sê U dat die Seun van die mens verhoog moet word? Wie is hierdie Seun van die mens?
Sommige van sy dissipels het toe onder mekaar gevra: Wat is dit wat Hy vir ons sê: 'n Klein tydjie, en julle sien My nie; en weer 'n klein tydjie, en julle sal My sien; en: Ek gaan na die Vader?