TSK

TSK · Mark 14:44

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Sweer dan nou tog vir my by die HERE dat, terwyl ek aan julle 'n guns bewys het, julle ook aan my familie 'n guns sal bewys; en gee my 'n betroubare teken

En Joab sê vir Amása: Gaan dit goed met jou, my broer? En Joab het met die regterhand die baard van Amása gegryp om hom te soen.

Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur 'n vyand is oorvloedig.

En toe hulle hul baie slae gegee het, het hulle hul in die gevangenis gewerp en die tronkbewaarder bevel gegee om hulle sorgvuldig te bewaak.

Die groete van Paulus, met my eie hand, wat 'n teken is in elke brief; so skryf ek.