TSK

TSK · Mark 2:26

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Dan moet Aäron en sy seuns die ram se vleis eet en die brood wat in die mandjie is, by die ingang van die tent van samekoms.

En Dawid het in Nob gekom by die priester Ahiméleg; en Ahiméleg het Dawid bewend tegemoetgegaan en hom gevra: Waarom is u alleen, en is daar niemand by u nie?

(By die vlug van Abjatar, die seun van Ahiméleg, na Dawid, het hy na Kehíla afgekom met die skouerkleed by hom.)

En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Abjatar, was priesters, en Serája was skrywer.

En Sadok en Abjatar het die ark van God teruggebring na Jerusalem en daar gebly.

En Seja was skrywer; en Sadok en Abjatar priesters.

Daarop antwoord koning Salomo en sê aan sy moeder: Maar waarom vra u Abísag, die Sunamitiese, vir Adónia? Vra ook die koningskap vir hom, want hy is my broer wat ouer is as ek, ja, vir hom en vir Abjatar, die priester, en vir Joab, die seun van Serúja!

En Benája, die seun van Jójada, was oor die leër, en Sadok en Abjatar was priesters.