TSK

TSK · Mark 6:56

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle, hulle moet vir hulle klossies maak aan die hoeke van hul klere, in hulle geslagte, en aan die hoekklossies 'n draad van pers stof vasbind.

En terwyl hulle besig was om 'n man te begrawe, sien hulle meteens die bende; daarom het hulle die man in die graf van Elísa gegooi; en toe die man met die gebeente van Elísa in aanraking kom, het hy lewendig geword en opgestaan op sy voete.

Mark 3:10 TSK

Want Hy het baie gesond gemaak, sodat almal wat vol kwale was, op Hom toegeloop het om Hom aan te raak.

Luke 6:19 TSK

En die hele skare het probeer om Hom aan te raak, omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak.

Maar Jesus het geantwoord en gesê: Hou op, dit is genoeg! En Hy het sy oor aangeraak en hom gesond gemaak.

Acts 4:12 TSK

En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.