TSK

TSK · Matthew 12:22

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.

Dan sal nie meer verblind wees die oë van die wat sien nie; en die ore van hulle wat hoor, sal luister;

En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele Sírië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak.

Mark 3:11 TSK

En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God!

Mark 9:17 TSK

En een uit die skare antwoord en sê: Meester, ek het my seun wat 'n stomme gees het, na U gebring;

om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en 'n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.