TSK

TSK · Matthew 14:30

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Ek sal nie vrees vir tien duisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.

Hulle het getuimel en gewaggel soos 'n dronk man, en al hulle wysheid is verwar.

Water het oor my hoof gestroom, ek het gesê: Dit is klaar met my!

En daar het 'n groot storm op die see gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe; maar Hy was aan die slaap.

Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

En hulle het Hom gevange geneem en weggelei en Hom gebring in die huis van die hoëpriester. En Petrus het van ver af gevolg.

En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my 'n doring in die vlees gegee, 'n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.