TSK

TSK · Matthew 2:18

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog 'n kort ent pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling.

En hy het dit herken en gesê: Die rok van my seun! 'n Wilde dier het hom opgeëet. Verskeur, verskeur is Josef!

Job 14:10 TSK

Maar 'n man sterwe en is magteloos; ja, 'n mens blaas die asem uit en--waar is hy?

So sê die HERE van die leërskare: Let op, en roep die klaagvroue, dat hulle kom; en stuur na die wyse vroue, dat hulle kom;

En Hy het dit voor my uitgesprei; en dit was beskrywe op die voor-- en agterkant, en daarop was geskrywe klaagliedere en gesug en wee.