TSK

TSK · Matthew 24:16

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En toe die dag begin breek, het die engele by Lot aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, dat jy weens die ongeregtigheid van die stad nie omkom nie.

'n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.

En toe die leër van die Chaldeërs van Jerusalem af opgetrek het vanweë die leër van Farao,

Deur die geloof het Noag, toe hy 'n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en 'n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is.