TSK

TSK · Matthew 25:13

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.

Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.

Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie.

Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.

En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.

Kyk, Ek kom soos 'n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.