TSK

TSK · Matthew 26:14

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Simon Kananítes en Judas Iskáriot, die een wat Hom verraai het.

En terwyl Hy nog spreek, daar kom Judas, een van die twaalf, en saam met hom 'n groot menigte met swaarde en stokke, gestuur deur die owerpriesters en ouderlinge van die volk.

En Judas Iskáriot, een van die twaalf, het na die owerpriesters gegaan om Hom aan hulle oor te lewer.

John 6:70 TSK

Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is 'n duiwel!

John 13:2 TSK

En gedurende die maaltyd--die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai--

John 18:2 TSK

En Judas, sy verraaier, het ook die plek geken, omdat Jesus daar dikwels met sy dissipels saamgekom het.