Gaan weg van my, kwaaddoeners, dat ek die gebooie van my God kan bewaar!
TSK
TSK · Matthew 26:70
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Die trotsheid van 'n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry.
Maar vir wie was jy bedug en bevrees? --want jy het 'n leuenaar geword en aan My nie gedink nie; jy het dit nie ter harte geneem nie. Is dit nie omdat Ek swyg nie, en dit baie lank al, dat jy My nie vrees nie?
Jesus sê vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, in hierdie nag, voordat die haan gekraai het, sal jy My drie maal verloën.
En een van die wat saam met Jesus was, het meteens sy hand uitgesteek en sy swaard getrek; en hy het die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy oor afgekap.
En Petrus het Hom van ver af gevolg tot by die paleis van die hoëpriester, en hy het ingegaan en by die dienaars gaan sit om die einde te sien.
Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.
Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.