En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien die seun van Dawid nie?
TSK
TSK · Matthew 9:8
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
En hulle was uitermate verslae en het gesê: Hy het alles goed gedoen: die dowes laat Hy hoor en die stommes praat.
En vrees het almal aangegryp terwyl hulle God verheerlik en sê: 'n Groot profeet het onder ons opgestaan; en: God het sy volk besoek.
En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met 'n groot stem verheerlik.
Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk.
En hulle het God verheerlik in my.