TSK

TSK · Nehemiah 10:32

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

maar in die sewende moet jy dit ongebruik en braak laat lê, dat die arm mense van jou volk kan eet; en wat hulle laat oorbly, kan die diere van die veld opeet. So moet jy doen met jou wingerd en jou olyfbome.

van die oorloë en van die buit het hulle dit geheilig om die huis van die HERE daarmee uit te rus--

En u heilige sabbat het U aan hulle bekend gemaak, en gebooie en insettinge en 'n wet deur die diens van u kneg Moses hulle beveel.

Het julle vaders nie so gehandel, sodat onse God oor ons en oor hierdie stad al hierdie onheil gebring het nie? Ja, julle vermeerder die toorngloed oor Israel deur die sabbat te ontheilig!

Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;

Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie.