TSK

TSK · Nehemiah 7:63

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Net toe Dawid in Mahanáim aankom, bring Sobi, die seun van Nahas, uit Rabba van die kinders van Ammon, en Magir, die seun van Ammiël, uit Lódebar, en Barsíllai, die Gileadiet, uit Rógelim,

Maar aan die seuns van Barsíllai, die Gileadiet, moet jy guns bewys, en hulle moet wees onder die wat aan jou tafel eet; want só het hulle na my toe aangekom toe ek vir jou broer Absalom gevlug het.

En naas hulle het Méremot, die seun van Uría, die seun van Hakkos, herstel; en naas hulle het Mesúllam, die seun van Berégja, die seun van Mesesábeël, herstel; en naas hulle het Sadok, die seun van Baäna, herstel.