TSK

TSK · Numbers 1:26

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Dié keer sal ek die HERE loof. Daarom het sy hom Juda genoem. En sy het opgehou met baar.

Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.

Die seuns van Juda was: Er en Onan; maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän.

want Juda was sterk onder sy broers, en uit hom het een 'n vors geword, maar die eersgeboortereg het Josef gehad--

Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, en Jakob die vader van Juda en sy broers;