TSK

TSK · Numbers 10:35

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

as Ek my glinsterende swaard skerp gemaak het en my hand na die strafgerig gryp, sal Ek wraak oefen op my teëstanders en my haters vergelde.

Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.

God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg!

Staan op na u rusplek, HERE, U en die ark van u sterkte!

Ontwaak, ontwaak, beklee u met sterkte, arm van die HERE! Ontwaak soos in die dae van die voortyd, onder die geslagte van lank gelede. Is dit nie u wat Rahab neergekap, wat die seemonster deurboor het nie?