TSK

TSK · Numbers 11:31

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En Moses het sy staf oor Egipteland uitgesteek, en die HERE het 'n oostewind in die land gebring, daardie hele dag en die hele nag; toe dit môre word, het die oostewind die sprinkane aangevoer:

U het met u asem geblaas: die see het hulle oordek; soos lood het hulle gesink in die geweldige waters.

Hy het die oostewind laat uitbreek aan die hemel en die suidewind deur sy sterkte aangevoer;

Hulle het gebid: toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood.