TSK

TSK · Numbers 20:17

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Laat my deur jou land trek. Ons sal nie wegdraai in die lande of in die wingerde nie; ons sal die water van die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou tot ons deur jou grondgebied getrek het.

Laat my deur jou land gaan; ek sal net padlangs trek; ek sal nie regs of links uitdraai nie.

soos die kinders van Esau wat in Seïr woon, en die Moabiete wat in Ar woon, met my gedoen het--totdat ek deur die Jordaan trek in die land wat die HERE onse God aan ons sal gee.