Numbers 22:38
TSK
En Bíleam het Balak geantwoord: Hier het ek na jou gekom. Is ek nou wel in staat om iets te spreek? Die woord wat God in my mond lê, dit sal ek spreek.
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En Bíleam het Balak geantwoord: Hier het ek na jou gekom. Is ek nou wel in staat om iets te spreek? Die woord wat God in my mond lê, dit sal ek spreek.
En hy antwoord daarop dít: Moet ek dan nie sorgvuldig alles spreek wat die HERE in my mond lê nie?
Toe het Bíleam vir Balak gesê: Het ek nie alreeds met jou boodskappers wat jy na my gestuur het, gespreek en gesê nie:
Maar Miga sê: So waar as die HERE leef, wat God my sal sê, dit sal ek spreek!
En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.