TSK

TSK · Numbers 26:20

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Toe sê Juda vir Tamar, sy skoondogter: Bly 'n weduwee in die huis van jou vader totdat my seun Sela groot is. Want hy het gedink: Anders sterwe hy ook soos sy broers! So het Tamar dan gaan woon in die huis van haar vader.

En Juda het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie.

Ruth 4:18 TSK

En dit is die stamboom van Peres: Peres was die vader van Hesron,

Die seuns van Sela, die seun van Juda was: Er, die vader van Lega, en Láeda, die vader van Marésa, en die geslagte van die huis van die linnewewers van die huis van Asbéa;

En in Jerusalem het van die kinders van Juda en van die kinders van Benjamin gewoon. Van die kinders van Juda: Atája, die seun van Ussía, die seun van Sagaría, die seun van Amárja, die seun van Sefátja, die seun van Mehaláleël, van die seuns van Peres;

En Petágja, die seun van Mesesábeël, van die seuns van Serag, die seun van Juda, was verteenwoordiger van die koning in enige saak van die volk.

Luke 3:33 TSK

die seun van Ammínadab, die seun van Ram, die seun van Hesron, die seun van Peres, die seun van Juda,